My Cart

Close

11 Dae in Oxford deur Elizabeth Wasserman

 

R 185.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: September 2019 - Voorafbestellings nou oop!

Die sestienjarige Alicia Kerrich word na Oxford gestuur om te gaan kyk hoe dit met haar suster gaan. Inez is besig met haar meestersgraad in Wiskunde. Maar dinge loop verkeerd en Alicia is op ’n bus na Oxford, sonder haar bagasie. Langs haar sit die vriendelike Siya Khumalo van die Vrystaat.

In Oxford aangekom, is daar geen teken van haar suster nie, maar met die hulp van ’n app wat Siya stilletjies op haar foon gelaai het, begin 'n buitengewone avontuur. Haar suster het innoverende nuwe programmatuur ontwikkel, maar die maar die onderduimse professor Melham probeer dit aan SkyTech verkoop.

Alicia is nie ’n meisie wat skroom om moeilikheid te konfronteer nie, en voor sy weet waarin sy haarself begewe, steel sy die verlore dagboek van Charles L. Dodgson, beter bekend as Lewis Carroll, uit die Bodleian-biblioteek. Die dagboek bevat ’n formule wat Inez se werk ver kan laat vorder. Met SkyTech kort op haar hakke maak almal op Alicia staat om die Wonderland-program te beskerm . . .

    Standard delivery terms apply.

    Back To Coming Soon

    Hello You!

    Join our mailing list