My Cart

Close

Ayla se sonde deur Alma Carstens

 

R 95.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: April 2020 - Voorafbestellings Nou Oop!

Soms lei ’n afdraaipad na die regte eindbestemming ...

Ayla vind met ’n skok uit dat sy swanger is. Die simptome was daar, maar sy het bly hoop dat sy iets anders makeer. Sy is sedert haar skooljare verlief op Adam Durandt, die kroonprins van die Durandt-sakeryk.

Maar sy en haar alkoholispa het aan die verkeerde en armste kant van die dorp, Bloekomlaan gebly. En in Randdahl bepaal ’n mens se agtergrond jou sosiale status.

Daarom sal Ayla nooit goed genoeg wees vir die ryk Adam Durandt nie, al droom sy al jare lank oor hom. Haar pa is intussen oorlede, en sy sorg vir haarself en het baie drome vir haarself gehad – ook om uiteindelik Randdahl te verlaat.

Haar swangerskap verpletter egter haar drome, ook nog meer toe Adam aanvanklik niks wil weet van die baba nie. Hulle het tydens ’n vriendin se verlowingspartytjie te ver gegaan, maar nou wil hy niks met die gevolge van daardie een aand te doen hê nie. Adam se skatryk familie verwag van hom om met die ewe ryk Patricia Bicknell te trou, maar dis glad nie wat hy wil hê nie.

Aanvanklik lyk die nuus waarmee Ayla die mat onder sy voete uitruk na ’n ramp, maar hy besef gou dat dit eerder as ’n seën gesien moet word en hom die uitkoms bied waarna hy verlang.

Standaard afleweringsterme is van toepassing. 

Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list