My Cart

Close

Die Afloerder deur Anel Heydenrych

 

R 260.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: Januarie 2020 - Voorafbestellings Nou Oop!

Iemand loer vanuit die skadus.

Verslaggewer Anje Bruwer verruil die gevaarlike strate van Johannesburg vir ’n rustiger lewe in Colesberg om ’n misdaadroman te skryf.

Maar die platteland is allermins rustig: Daar is ’n menseslagter los wie se gruweldade Anje se kop laat duisel. Sy loop haar in sy web vas wanneer sy vir die plaaslike koerant oor sy moorde begin verslag lewer.

Kaptein Siegfried Scholtz – ’n man wie se skuldgevoelens oor sy oorlede seun hom ry – kan nie anders nie as om Anje by die ondersoek te betrek.

Gaan hulle daarin slaag om te keer dat die slagter nog ’n lewe wreed in ’n bloederige swartsak verpak?

Die afloerder is ’n sielkundige riller so koud en donker as kan kom.

Lof vir Malhuis

“Hou die vingers aan die omblaai ... onthou om jou veiligheidsgordel vas te knip.” – Deborah Steinmair, Rapport

Standaard afleweringsterme is van toepassing. 

Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list