My Cart

Close

Die Kleinste Ramp Denkbaar deur Francois Smith

 
Write a review

R 310.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R350.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN TWO WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO!

Publikasiedatum: Julie 2020 - Voorafbestellins Nou Oop!

Op die oog af is dié roman ’n storie oor ’n goeie dokter en ’n slegte polisieman. Want ’n bosluisbyt aan die polisieman Frans Schuin lei onverwags tot ’n tydperk van verwarring by die plattelandse dokter Gustav van Aardt. Van Aardt is een van die volrondste personasies wat in baie jare in ’n Afrikaanse roman na vore getree het, en wat so heerlik is van sy uitbeelding is dat hy so nugter as ’n feilbare, onsekere volwassene geskets word. Die leser sien deur Van Aardt se oë - maar soos ons mettertyd agterkom, is daar nie werklik uitsluitsel oor die dinge wát hy sien nie. Is dit drogbeelde of werklike visuele waarnemings? En gaan hy mettertyd vrede maak met sy plek op die aarde? Die titel van dié fassinerende roman deur die skrywer van Kamphoer kan op baie dinge slaan; onder meer op die verlies van alle sekerheid, selfs op die kleinste vlak. Dit sê eindelik baie oor die transformasie wat Suid-Afrika besig is om te ondergaan, uit die oogpunt van ’n hoogs gekultiveerde wit man.  

Standaard afleweringsterme van toepassing. 

 

Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list