My Cart

Close

In opleiding-reeks: Atleet deur Cath Ard & Sarah Lawrence

 

R 140.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R500.00.

Publikasiedatum: Desember 2019 - Voorafbestellings Nou Oop! 

Word ’n veearts, atleet, kodeerder of brandbestryder in hierdie opwindende reeks!

Met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van hierdie verskillende beroepsmense, sal hierdie boeke jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wêreld te ontdek, mense se lewens te red en geboue en masjiene te bou. 

Eenvoudige aktiwiteite help kinders om hul vaardighede op ’n prettige wyse te toets en die inligting wat hul geleer het te versterk. Kan die kind ’n ruimtetuig herstel, ’n chemiese reaksie veroorsaak, die perfekte verband draai of ’n wolkekrabber bou? Loer binne-in een van hierdie interaktiewe boeke en vind uit hoe! 

Ruimtevaarder in opleiding leer die jong leser alles oor die ruimte, sterrekunde en die lewe aan boord die Internasionale Ruimtestasie. 

Wetenskaplike in opleiding leer kinders oor basiese chemie, biologie en fisika. 

Dokter in opleiding vertel die leser hoe dokters, verpleegsters en paramedici lewens red. 

Ingenieur in opleiding wys jong kinders hoe ingenieurs wiskunde en wetenskap gebruik om die geboue en masjiene te bou wat ons elke dag sien. 

Hierdie reeks bestaan uit agt titels. In Mei 2019 is die eerste vier titels van die reeks vertaal en gepubliseer deur LAPA Uitgewers - Wetenskaplike, Dokter, Ruimtevaarder, Ingenieur

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list