My Cart

Close

In opleiding-reeks: Brandbestryder deur Cath Ard & Sarah Lawrence

 

R 140.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R500.00.

Publikasiedatum: Desember 2019 - Voorafbestellings Nou Oop! 

Word ’n veearts, atleet, kodeerder of brandbestryder in hierdie opwindende reeks!

Met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van hierdie verskillende beroepsmense, sal hierdie boeke jong lesers leer hoe om na diere te versorg, hoe om ‘n topatleet te wees, hoe brandveiligheid werk en hoe om te kodeer.

Atleet in opleiding bevat alles wat jong lesers moet weet oor hoe om ’n atleet, sportman of sportvrou te wees. Kinders kan meer leer oor hoe om ’n topatleet te wees en ’n prettige toets doen om te sien in watse sportsoort
hulle die beste sal presteer.

Brandbestryder in opleiding bevat brokkies inligting oor brandveiligheid en sal jou alles leer van die belangrike werk wat brandbestryders doen.

Kodeerder in opleiding bevat inligting oor hoe om kodes te skep, watter vaardighede ’n kodeerder nodig het en hoe om jou eie webwerf te skep.

Veearts in opleiding is propvol nuttige inligting wat jong lesers alles sal leer oor diere en hoe om hulle te versorg.

Vind meer uit oor die verskillende tipe veeartse, hoe ’n veeartspraktyk werk, hoe om diere se liggaamstaal te verstaan en hoe om gesondheidsprobleme te
diagnoseer en behandel.

Hierdie reeks bestaan uit agt titels. In Mei 2019 is die eerste vier titels van die reeks vertaal en gepubliseer deur LAPA Uitgewers - Wetenskaplike, Dokter, Ruimtevaarder, Ingenieur

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list