My Cart

Close

Keur 5 deur Christine le Roux

 

R 265.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R500.00.

Publikasiedatum: November 2019 - Voorafbestellings Nou Oop!

’n Keur verhale uit die skatkis van een van Suid-­Afrika se gewildste liefdesverhaalskrywers.

In Die ontbrekende helfte word Yvette Faure deur ’n agentskap as sekretaresse na professor Rabe se huis gestuur. Sy kom af op chaos – stapels onuitgepakte bokse wat oral rondstaan, en, om alles te kroon, ’n verstrooide professor wat duidelik nie net ’n sekretaresse nodig het om sy lewe te orden nie.

In Liefde uit die stormnag word ’n bekende kunstenares, op soek na skuiling, gedurende ’n hewige sneeustorm dae lank vasgekeer saam met ’n skatryk Kanadese nyweraar. Die huwelik wat hierop volg, plaas haar lewe in gevaar en sy word die teiken van ontvoerders wat losgeld eis.

In Teësinnige erfgenaam ontdek die 28-­jarige Melissa van Eeden skielik dat sy die erfgenaam is van ’n skatryk man en weet sy nie hoe om haar nuutgevonde vryheid te hanteer nie. Selfs die simpatieke hulp van die prokureur wat as haar trustee aangestel is, kan haar nie oortuig dat sy maar die lewe met albei hande mag aangryp nie.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list