My Cart

Close

My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-­le Roux

 

R 310.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: September 2019 - Voorafbestellings Nou Oop!

Corinne Prinsloo, ’n kliniese sielkundige, se huwelik is nie meer wat dit eens was nie. Dis asof haar domineeman, Frank, wegkruip in sy studeerkamer, en saans al hoe vroeër die whiskeybottel nadertrek. Die liefdevolle saamwees van vroeër het verander in ’n versigtige eierdans rondom mekaar.  

Wanneer Deon, 'n oudpasiënt, haar nader om saam met hom ’n pelgrimstog te onderneem na die dorp van sy kinderjare, word Corinne voor ’n belangrike keuse geplaas. Begelei sy Deon ’n laaste maal terug na die trauma van sy verlede, of moet sy by Frank bly en self agter die kap van die byl van haar man se drinkprobleme probeer kom?  

In Christine Barkhuizen-le Roux se jongste roman, My naam is Prins, ek slaap met die lig aan, vra die skrywer skreiende, dapper vrae. Wat beteken dit om ’n goeie man te wees? Hoe raak ’n mens ontslae van die verlede? En bowenal, hoe heel jy veertig jaar later die pyn van ’n klein seuntjie genaamd Prins?

Standard delivery terms apply. 

Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list