My Cart

Close

'n Jakkals wat Roep deur Nellie Alberts

 

R 95.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: November 2019 - Voorafbestellings Nou Oop!

Verbind vir die lewe.

Dis Inalien se eerste dag terug op Loeriespan en sy loop haar vas in hóm, van alle mense, en hy het blykbaar nie die vaagste idee wie sy is nie. Die windgat tweegesig!

Thysjan Kennedy kom uit die besproeiingsafdeling gestap; sy voete in die swaar werkstewels gaan vanself staan toe hy die meisie by die groentesaadrakkie sien. Vergete is die koperpyp in sy hand en die haas terug plaas toe. Tussen Inalien en Thysjan is daar ‘n geskiedenis: Thysjan is onbewus daarvan; Inalien is oorbewus daarvan. Gaan sy die strydbyl begrawe, vergewe en vergeet? Dalk – as sy net eers die waarheid kan ontdek.

Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses. 

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list