My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN FOUR WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Nagjagter deur Jan Vermeulen

Write a review
R 270.00
Quantity
- +

Publikasiedatum: Julie 2020 - Voorafbestellings Nou Oop!

Hy moet die stad se bloeddrinkers met sy houtpen en swaard uitroei …

Die Holy Hunchback Vampire Slayer glo hy is ’n heilige wat die stad se vampiere moet uitwis. Sy eerste slagoffer vermoor hy met ’n houtpen deur die hart op die verhoog tydens die opvoering van die riller-drama, Die Boggelrug Vampierjagter. Doktor Olaf Demeyer en sy vriendin adjudant Beth Jordaan is ooggetuies saam met 104 toeskouers. Olaf se dogter Franci vertolk ’n rol in die drama.

Beth stem in om die aanvanklike ondersoek te lei. Heel gou veroorsaak die besluit spanning tussen haar en Olaf, aangesien sy vir Franci as ’n medepligtige verdink. Olaf roep die hulp van ’n privaat ondersoeker in en ontdek so dat Franci betrokke is by die Port Elizabeth Gothic Vampire Society. Hulle is opwindingsoekers wat bloot hul vampier-fantasieë uitleef. Hy vind ook uit dat daar in die stad ’n kring van ‘real life’ vampiere is. Nie vampiere soos in films uitgebeeld word nie; hul toestand word in die psigologie as Kliniese Vampirisme gedokumenteer.

Dit lyk vir Olaf of die boggelrug die meeste van sy slagoffers uit die twee groepe vampiere kies. Maar wanneer hy die moordenaar se ware motief ontdek, besef hy honderde onskuldiges in die stad se lewe word bedreig.

Standaard aflewerinsterme is van toepassing.