My Cart

Close

Nimmermeer 02: Wondersmid deur Jessica Townsend

 

R 240.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: September 2019 - Voorafbestellings nou oop!

Morrigan Crow het van haar dodelike vloek ontsnap. Sy is nou deel van die Wondergenootskap. Maar Morrigan kry nie die verwelkoming waarop sy gehoop het nie. Sy is ’n seldsame Wondersmid, maar in plaas daarvan dat die

Genootskap haar help om haar krag behoorlik te leer verstaan, lyk dit of hulle dit ten alle koste probeer onderdruk. Om dinge erger te maak, verander die betowerende stad Nimmermeer vinnig van ’n veilige vesting, in ’n plek waar gevaar om elke hoek en draai skuil. Lede van die Genootskap verdwyn, iemand pers Morrigan se nuwe vriende af en laat hulle teen haar draai. En Ezra Stuim die boosste man wat ooit gelewe het - is vasbeslote om Morrigan uit die Genootskap weg te lok. Hy belowe hy sal haar leer hoe om Wonder te gebruik die geheimsinnige bron van energie wat heeltyd na haar roep, wat al hoe meer onweerstaanbaar word . . . Morrigan het so lank daarvan gedroom om van haar vervloekte lewe te ontsnap. Maar is haar nuwe lewe verby nog voor dit regtig begin het?

    Standard delivery terms apply.

    Back To Coming Soon

    Hello You!

    Join our mailing list