My Cart

Close

Om Die Sterre te Raak deur Renda de Waal-Fourie

 

R 95.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R350.00 IN SOUTH AFRICA.

Publikasiedatum: April 2020 - Voorafbestellings Nou Oop!

Sy vlug nog altyd van hom, maar hy hou haar hart veilig in sy hand.

Rachelle de Villiers raak aan die begin van haar matriekjaar smoorverlief op haar stiefbroer, Jakobus (Jakes) Fouché, maar sy voel deurentyd asof hy haar skaars kan verdra.

Hy gesels met en terg haar vriendinne, maar vir haar hou hy op ’n afstand. Tot aan die einde van haar matriekjaar, toe hy een aand met haar dans en haar vertel dat hy haar betowerend vind. Ongelukkig vind daar ’n ernstige rusie tussen Jakes en Rachelle plaas en sy besluit om eerder Stellenbosch toe te gaan vir haar studie as om in Pretoria, haar tuisstad, te swot.

Sy verban Jakes uit haar lewe en oortuig haarself dat sy niks van hom dink nie. Meer as ses jaar verloop voordat sy teruggaan Pretoria toe om by haar stiefpa te kuier, vas onder die indruk dat Jakes nog lank oorsee gaan wees met ’n projek waaraan hy werk. Maar Jakes kom vroeër terug, en die ou aantrekkingskrag tussen hulle vlam weer op.

Hy stel voor dat hulle mekaar as volwassenes leer ken en ter wille van sy pa van al die vyandigheid tussen hulle ontslae raak. Rachelle besef gou dat haar lank-gelede verliefdheid nou haar groot liefde is. Sy hoor ’n gesprek wat sy nie moes hoor nie en begin ernstig twyfel of sy en Jakes ooit vir mekaar bestem is.

Maar wat die verstand dink en wat die hart voel is nie altyd versoenbaar nie ...

Standaard afleweringsterme is van toepassing. 


Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list