My Cart

Close

Omdat Ons Saam Is deur Elsa Winckler

 

R 95.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: Maart 2020 - Voorafbestellings Nou Oop!

Hy kyk altyd af teen sy neus na haar, maar hy mag dalk net vind dat hy nie sonder haar kan leef nie ...

Bella is die jongste van drie susters. Haar susters, Leen en Livie is onderskeidelik in die vorige twee boeke in die reeks getroud. Tannie Peet se testament bepaal dat die drie susters elkeen afsonderlik vir ’n maand in haar huis op Greyton moet woon ten einde hul erfporsie te kan ontvang. Die hond Skim speel ’n noemenswaardige rol in die verhaal en slaag daarin om telkens die held en heldin by mekaar uit te bring.

Wian is die apteker op die dorp en worstel met sy eie probleme. Hy moes as jong man omsien na sy drie jonger broers toe sy ouers onverwags gesterf het in ’n motorongeluk. Hy sien nie kans om weer so ’n groot verantwoordelikheid na te kom nie, en daarom wil hy nie trou en kinders hê nie.

Bella is in hart en siel ’n kunstenaar maar is deur haar vorige vriend, Leo erg onderdruk en kon later nie meer skilder nie. Wian se jongste broer is Conrad Visser, die beeldhouer, en hy sien dadelik Bella se talent raak en help haar om weer haar skilderwerk op te neem. Intussen groei Wian en Bella se verhouding, maar dan verskyn Leo weer op die toneel en vernietig byna alles.

Standaard aflewringsterme is van toepassing. 

Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list