My Cart

Close

Perfekte Pasmaat deur Joléne de Koningh

 

R 95.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: Oktober 2019 - Voorafbestellings Nou Oop!

Die regte liefde vir haar!

Madelie kry, na ʼn lang gesukkel en bo verwagting, die pos by ʼn prokureursfirma, wat haar soos ʼn handskoen pas. Haar nuwe baas, Marius du Plooy, roep haar dadelik in om hom te kom bystaan, al is die aanstelling nog nie eens finaal deur nie. Sy pas maklik aan, al  laat die aantreklike man haar hart dadelik vinnig klop en nie te lank nie, of hulle is op voornaamterme en sy word sy regterhand.

Marius het ʼn siek pa in Mbombela en hulle vriendskap groei tot só ʼn mate dat sy een naweek saam met hom soontoe ry. Die ou oom moet oorgehaal word om na ʼn

versorgingsoord te gaan en sy het hom dadelik in die palm van haar hand. Hy noem haar die ‘bondeltjie sonskyn’ wat sy seun vir hom gebring het. Daarna besef sy dat sy die seun en sy pa in haar hart toegelaat het, en teen alle voornemens trek sy Mbombela – na Marius en sy vriend se nuwe prokureurspraktyk – toe. Of is dit dalk vir iets anders dat sy daarheen trek?

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list