My Cart

Close

Pixel deur Fanie Viljoen

 

R 145.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: Maart 2020 - Voorafbestellings Nou Oop!

Felix Foxly bou ’n robot

Felix Foxly is alleen. Stoksielalleen. Sy ma en pa is altyd besig met werk, werk, werk. Sy tuisskool-onnie, mej. Tiddlespout, het ’n humeur soos ’n dreigende donderstorm.

En Felix het niemand om met hom te speel of hom geselskap te hou nie.

Maar Felix is goed daarmee om dinge uitmekaar te haal en aanmekaar te sit. Op ’n dag besluit hy om vir hom ’n maat te bou.

Al wat hy nodig het, is hope planne en allerhande goeters en katoeters.

Die oomblik toe Pixel se ligte aan flikker en sy ratte klikketie-klak begin beweeg, verander Felix se hele lewe. Pixel is ’n briljante robot! Hy kan praat, speel, boeke lees en hy is die wêreld se beste boomklimmer.

Saam met Pixel is elke dag ’n avontuur, en Felix hoef nooit weer alleen te wees nie!

Maar hoe lank sal hulle maats kan bly?

Standaard afleweringsterme van toepassing. 

Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list