My Cart

Close

Sylvester, Ramkat van die Groot-Karoo saamgestel deur Wendy Maartens & Linki Brand (illus.)

 

R 305.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: Oktober 2019 - Voorafbestellings Nou Oop!

Met 22 lekkerlees legendes, ware verhale en staaltjies!

In hierdie besonders geïllustreerde boek het meesterstorieverteller Wendy Maartens 22 Suid-Afrikaanse stories bymekaargemaak. Sommige is so deurleef soos die windverwaaide kontoere van Tafelberg. Ander is so splinternuut dat die vreugdevolle verwondering van nuusgebeure nog vlak lê. Lees oor die avonture van Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo, en ontdek hoe Job Maseko ’n oorlogskip gesink het! Ontmoet vir Tyl Uilspieël en juig saam oor die seun wat kaalvoet deur ‘n oorlog gestap het. Hierdie versamelbundel is perfek vir voorlees of selflees. ’n Fantastiese geskenk vir enige jong storieliefhebber!

Lys van stories

  1. Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo
  2. Ontmoet Tyl Uilspieël
  3. ’n Sakdoek vir ’n Boesmanseuntjie
  4. Die oorlog tussen die diere en die voëls
  5. Die tokkelossie en die bok 
  6. Hond en Boer word beste vriende
  7. Job Maseko sink ‘n oorlogskip
  8. Heldermuis en Joors Jorie
  9. Hen loop weg
  10. Kaptein Seeley, Kimberley se waterwoef 
  11. Tyl Uilspieël word ’n touloper
  12. Red die bruid!
  13. Die dag toe Mens en Vuur ontmoet het
  14. Sjeg Yusuf en die skaapwagtertjie
  15. Mossie maar man!
  16. Renier de Winnaar se sterk tabak
  17. Dans van die Luislang
  18. Die seun wat kaalvoet deur ’n oorlog gestap het
  19. Ikram en die klip
  20. Waarom Hond en sy maats onder mekaar se sterte ruik
  21. Renier de Winnaar en die donderwolke
  22. Die Gat-in-die-Muur

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list