My Cart

Close

Uit Die Kroes deur Lynthia Julius

 

R 220.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R350.00 IN SOUTH AFRICA.

Publikasiedatum: April 2020 - Voorafbestellings Nou Oop!

In Lynthia Julius se debuutdigbundel, Uit die kroes, word die Noord-Kaapse leefwêreld opgeroep in verse wat Namawoorde op verrykende manier inkorporeer.

Die gedigte aan die begin van die versameling verwys na die geskiedenis van Suid-­Afrika en belig die sentrale dog geringgeskatte rol van die bruin vrou daarin. Die Kaap se slawegeskiedenis, Distrik Ses en apartheid word opgeroep aan die hand van figure soos Amria van Bengale en Dulcie September.

Die hedendaagse posisie van die jong bruin vrou in Suid-­Afrika word ook bekyk – hoe daar byvoorbeeld steeds teen die giftige erflating van apartheid, veral hardnekkige persepsies oor ras en skoonheid, gestry word.

Jy ís nie soos jou ma nie; jy rook Marlboro op die stoep. Jy glo, maar jy weet nog nie in wat nie. Jy dra jou kroes hare so laat mense kan sien glad alleen beteken nie mooi nie.

Standaard afleweringsterme is van toepassing. 

Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list