My Cart

Close

Vir altyd lente deur Marilé Cloete

 

R 95.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R350.00 IN SOUTH AFRICA.

Publikasiedatum: April 2020 - Voorafbestellings Nou Oop!

Sy is tuis tussen vriende en dis al wat nou saak maak, of ís dit?

Jennie Mouton is ’n verstandige meisie wat ’n enkele dwase besluit in haar lewe geneem het. Sy het op haar eie in Europa gaan toer en halsoorkop by ’n vurige Pool ingetrek.

Die verhouding word gou afbrekend en toksies van aard. Toe sy uitvind sy is swanger, besef sy sy moet wegbreek en terugkeer na haar ouers en haar vriendekring in die Klein-Karoo. By haar ouers aangekom is daar aanvanklik nie vir haar genade nie en dit is in haar vriendekring waar sy met liefde ontvang en aanvaar word.

Herman Fick is die macho-haarkapper, die hartebreker, die grapmaker, maar ook die man wat sy dogter alleen grootgemaak het. Niemand op die dorp weet wat tussen hom en die ma van sy kind gebeur het en wat van haar geword het nie.

Definitief sal niemand ooit vermoed dat hy die een kon wees wat in sy huwelik mishandel is nie. Herman en Jennie vind dat hulle nie die ou vriendskapsbande so gemaklik kan optel nie. Wanneer hy sy geheim met haar deel, vorm dit die grondslag vir ’n veel dieper verhouding.

Standaard afleweringsterme van toepassing. 


Back To Coming Soon

Hello You!

Join our mailing list