My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN FOUR WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Voëlvrou deur Marlize Hobbs

Write a review
R 180.00
Quantity
- +

Publikasiedatum: Augustus 2020 - Voorafbestellings Nou Oop!

Die kinders van Madymonyane het eerste die rooi boks gesien met die verflenterde voëlvrou in. Sy is pikswart met blou oë en stukkende vlerke. Sy praat nie. En tog begin die fontein weer water gee en die ouvrou en die kreupel kind word beter. Dis ’n verhaal van vriendskap, liefde, mededoë. Daar is ’n parallelle storielyn in die verlede, oor die herkoms van die Voëlvrou soos dit met die verteller se geskiedenis vervleg is. Hierdie teks is inheems en uit die grond. Dis aards; vol stof, bloed en vere. Dis in Afrikaans, maar dis asof ’n mens die inheemse idioom kan hoor. Haat, wreedheid, valsheid, liefde, genade, geweld en seks kom aan die bod. Die vertelstem is begogelend, die karakters helder. Die leser word gemesmeraais. Daar is ’n pakkende storielyn wat stuk-stuk oopval. Dis storytelling uit die boonste rak; narratief, amper oraal.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.