My Cart

Close

Die swerfjare van Poppie Nongena deur Elsa Joubert

 

R 275.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: Oktober 2019

Poppie Nongena word op ouma Hannie se rug in Upington en by haar ma in Lambertsbaai se lokasie groot. Maar Poppie se lewe verander onherroeplik toe sy met die migrantwerker Stone Nongena trou en deur die owerhede gedwing word om na ’n sinkhuisie in Nyanga buite Kaapstad te trek.

Kort daarna begin Poppie se moeilikheid met die paskantoor. Vir die volgende tien jaar voer Poppie ’n verbete stryd teen die plaaslike owerheid wat haar en haar kinders na Ciskei, ’n tuisland naby OosLonden, wil stuur. Maar Poppie verloor nie moed nie: sy doen alles in haar vermoë om vir haar kinders ’n beter toekoms te verseker.

Die swerfjare van Poppie Nongena vertel die lewensverhaal van ’n swart vrou teen die agtergrond van apartheid.

Hierdie hartverskeurende, tog inspirerende roman word steeds beskou as een van die beste romans wat Afrika in die twintigste eeu opgelewer het. Poppie se verhaal sal geen mens onaangeraak laat nie.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Back To Top Sellers

Hello You!

Join our mailing list