My Cart

Close

Los Gedagtes deur Jeanne Goosen

 

R 120.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R350.00 IN SOUTH AFRICA.

Publikasiedatum: Desember 2019

Met die deurlees van Jeanne Goosen se notaboeke, dagboeke, flardes en uitknipsels verskyn 'n verrassing! Die skrywer het deurentyd los gedagtes neergepen - nie net 'n paar nie, maar honderde gedagtes, te kosbaar om verlore te gaan: sêgoed, insigte, waarnemings, aforismes, mymerings . . . alles dáár, om oplaas in boekvorm met haar lesers gedeel te word.

Die aantekeninge weerspieël die merkwaardige intellektuele aktiwiteit van 'n denker-kunstenaar. Sy bemoei haar intens met letterkundige, filosofiese, politiese, wetenskaplike, sielkundige insae en bevindings wat sy soms ernstig, soms satiries en soms ook kru verwoord.

Die versameling is spesifiek nie volgens onderwerp geklassifiseer nie, maar lukraak soos die losstaande aantekeninge opeenvolgend gevind is. Daar is ook nie geredigeer om taalgebruik te verbeter nie. Jeanne Goosen praat hier in haar eie, unieke stem.

Voorbeelde:
Feite steur hulle nie aan sielkunde nie.
Ek moet probeer om nuwe foute te maak.
Date rape. Dit klink soos 'n nagereg.
Jy kan nie 'n held wees met R100 'n maand vir groceries nie.
'n Jakkals is 'n wolf wat blomme stuur.
As julle trou, word julle een. Watter een?
Moenie steel nie, die regering hou nie van kompetisie nie.
Moet nooit 'n geskenk aanvaar wat eet nie.

Standaard aflewerings terme is van toepassing.

Back To Top Sellers

Hello You!

Join our mailing list