My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R550.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING CURRENTLY SUSPENDED!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Marinda se kinderkombuis met Sjef Sout en Prof Pretzel deur Marinda Engelbrecht

R 260.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: November 2021 

 

Marinda se kinderkombuis is ’n kleurvolle kookboek met ’n kinkel. Benewens resepte, is daar ’n skatkis van wenke oor kookterapie en die voordele daarvan vir kinders, asook hoe bak-en-brou die jongspan op ’n pretmanier kan help met wiskunde, wetenskap, lees- en skryfvaardighede en bykans alle skoolvakke. Leer saam met Sjef Sout om ’n oondomelet te maak, brood te bak, taai hoendervlerkies te rooster, slaai in ’n bottel te pak, en die heel mooiste kolwyntjies te versier. Dit is sommer net ’n paar van die liplekker resepte met bestanddele wat in die kombuiskas is, en boonop baie veilig is om te maak. En dan is daar die eksperimente wat Prof Pretzel demonstreer. Die kombuis word ’n laboratorium wanneer hy wys hoe om ’n kleureskouspel met melk op te tower, ’n eier in ’n glas water te laat val, kristalle te kweek, en nog vele meer.