Op die Duiwel se Spoor deur Ben Booysen & Nicki Gules

Regular
R 280.00
Sale
R 280.00
Regular
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: April 2022

Ná herhaaldelike polisiebrouwerk begin kaptein Ben Bliksem Booysen die Krugersdorp-moorde in 2016 manalleen ondersoek. Sedert die moordenaars in 2012 met hul skrikbewind in die Wes-Randse dorp begin het, is niemand nog in hegtenis geneem nie.

Teen die tyd dat Booysen, ook bekend as Suid-Afrika se eie “Chuck Norris”, die saak oorneem, is 11 mense reeds vermoor deur ’n groep wat hulself Electus Per Deus – “Gekies deur God” – noem. Booysen, die seun van ’n mynwerker wat lief was vir die bottel en die vuis, se grootwordjare sou min mense laat dink dat hy een van Suid-Afrika se grootste moordsake in die onlangse geskiedenis sou oplos. Hy het skaars standerd 8 geslaag, het vier keer uit die polisie bedank, en is eenkeer dood verklaar ná ’n motorongeluk waarin hy ernstige breinskade opgedoen het.

Maar Booysen, aangevuur deur ’n verbete sin vir geregtigheid en geloof in sy God, haal koerantvoorblaaie toe hy die baasbrein agter die moorde, Cecilia Steyn, en haar vyf trawante, Zak Valentine, John Barnard en die onderwyseres Marinda Steyn en haar twee kinders, Marcel en Le Roux, aankeer. Hy kry steeds nie erkenning daarvoor dat hy ’n saak opgelos het wat ’n presedent in regskringe sou skep nie.

In Op die duiwel se spoor, geskryf in samewerking met die Sunday Times-joernalis Nicki Gules, neem Booysen die leser tot agter die grusame skerms van die satanistiese moorde, en onthul skokkende besonderhede van polisie-onbeheptheid. Nuwe, sensasionele inligting word verskaf oor die moordenaars, hul misdade en lewe in die tronk, in hierdie donker, makabere verhaal wat die land amper ’n dekade lank vasgenael gehou het.