My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN FOUR WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Regte-Egte Rampe deur Susan Martineau

Write a review
R 175.00
Quantity
- +

Publikasiedatum: Mei 2020 

In Regte-­egte Rampe word ondersoek ingestel om uit te vind hoekom sekere rampe gebeur het en hoe dit in die toekoms voorspel en verhoed kan word.

Lees die verstommende stories oor die rampe en kyk dan na elkeen se rampdossier. Jy sal die feite oor wat regtig gebeur het, kan nagaan en in die voetspore volg van die kenners wat ondersoek instel.Lees ook die verklarings van ooggetuies en ander interessante feite oor die spesifieke ramp.

Die kaarte in die dossier wys ook vir jou waar in die wêreld die rampe gebeur het. Boonop is daar by elke ramp 'n nuwe rampwoord en ’n volledige lys op die laaste bladsy van die rampwoorde wat in die boek gebruik word.

Die rampe wat ondersoek word, wissel van reuse­uitbarstings, die verdwyning van dinsourusse, 'n vlammehel op see tot vreesaanjaende mensgemaakte katastrofes.

Daar is 11 rampe om te ondersoek en jy kan dalk aan nog ’n ramp dink om te ondersoek en jou eie rampdossier saamstel!

Standaard afleweringsterme is van toepassing.