My Cart

Close

Sewe-en-veertig deur Irma Venter

 

R 285.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R500.00.

Publikasiedatum: Oktober 2019

Mosela Mosholi, ’n ou vriendin uit haar tronkdae, bel Sarah Fourie halfvier op ’n koue wintersoggend wakker. Sy moet nóú kom, Kaapstad toe. Datameester Mosi se rekenaars voorspel ’n vierde moord op ’n toeris binne die volgende paar dae en Sarah met haar kuberkrakerkennis moet kom help. Sarah kan nie nee sê nie. Sy ken Mosi al jare lank, en haar skuld is groot, so sy sleep haarself uit die bed, gryp ’n oornagsak, en bel vir Jaap.

Want Jaap Reyneke gaan moet saam. Mosi is in die moeilikheid en Jaap se jare as polisieman is al raad wat sy het indien ’n moordenaar op vrye voet is.

Dit is ’n onvoorspelbare, donker Kaapstad wat op Jaap en Sarah wag. ’n Stad waarin misdadigers die toutjies trek, waar hommeltuie bokant jou tred hou van goeie én minder goeie dade, en toeriste onbewusis van dit wat in Clifton en Kampsbaai broei. Van Seepunt en Manenberg in Kaapstad tot Tokio en Hakone in Japan.

Nog ’n verbluffende roman deur die meesterkrimi­skrywer Irma Venter.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.

Back To Top Sellers

Hello You!

Join our mailing list