My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R550.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING CURRENTLY SUSPENDED!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Vlug deur Wilna Adriaanse

R 320.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Oktober 2021

"Milla Roux is ’n veearts wat werk by ’n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die DRK. Sy het as ’t ware “gevlug” daarheen nadat haar man en seuntjie in Suid-Afrika rég langs haar doodgeskiet is tydens ’n mislukte motorkaping. Sy stort hart en siel in haar werk en probeer ’n werklike verskil maak jeens die voortbestaan van ’n spesie waarvan die getalle besig is om só drasties te krimp . . . Maar spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele Kongo ’n gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang. Saam met drie klein sjimpansee-wesies slaan ’n gewonde Milla wéér op die vlug, vergesel van die enigmatiese Graham Saunders van die organisasie Dokters sonder grense, wat na die DRK gekom het om van sy éie problematiese verlede te probeer ontsnap . . . Vlug is ’n boeiende roman, propvol spanning en intrige, asook die meesleurende karakterverhoudinge waarvoor Wilna Adriaanse so bekend is."