Bedside Table Reads
Who doesn't love a pile of book on their bedside table. So here are lists of books that we love arranged in our very own way to help you find the perfect book, or at least have fun trying.
Publikasiedatum: November 2020
“Met die idees in hierdie boek wil ek wys dat jy nie 'n ervare of professionele bakker hoef te wees om mooi produkte op te tower nie.”
'n Nuwe baba in die familie is altyd 'n vreugdevolle gebeurtenis en iets wat gevier moet word. Feesvierings kan egter 'n duur spulletjie word, veral as dit by gebak kom. Boonop is koekbak en -versiering iets waarteen baie mense opsien.
In Bak dit self wys Marlene dat die mooiste laagkoeke nie 'n onbegonne taak hoef te wees nie. Sy verduidelik stapsgewys hoe om versiersel te kleur, ganache te maak, koeklae egalig deur te sny en verskeie lae op mekaar te stapel sonder dat dit omval. Kaalkoeke (naked cakes) en ombrékoeke word selfs vir die mees onervare bakster maklik gemaak.
Daar is resepte vir elke smaak, van gewone vanielje- en sjokoladekoek, die immergewilde rooifluweel- en wortelkoek, geurige lemoen- en pynappelkoek, tot smullekker klam Hummingbird-koek. Verskeie versiersels en strope is ook ingesluit.
Met behulp van hierdie boek hoef jy jou nie weer te bekommer oor wat om vir watter geleentheid te bak nie, want daar is koekidees vir die bekendstelling van die baba se geslag, ooievaarstees, verjaardae en morskoeke (smash cakes) vir die belangrike klein mensie. Kom, trek aan jou voorskoot en bak dit self!
Who doesn't love a pile of book on their bedside table. So here are lists of books that we love arranged in our very own way to help you find the perfect book, or at least have fun trying.
What's new at UPPERcase, every month we release a newsletter featuring the coming months books, events and so much more, subscribe below to never miss a newsletter again.
Get your news releases on our online store or in our physical store. If you don't see the new book you are looking for, pop us an email and we'll help you find it!