My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN FOUR WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Bang Beer deur Steve Smallman

Write a review
R 150.00
Quantity
- +

Publikasiedatum: Augustus 2018

Ontmoet ’n dapper klein hasie … en ’n groot, bang beer! 

In die diep, donker woud woon die HARIGE OU GROTE! 

Met skerp tande in sy bek en skerp kloue aan sy pote. 

Sy kwaai oë sal jou laat ril en laat gril 

en dit klink net soos donderweer wanneer hy brul! 

Klein Ben is ’n dapper hasie. Hy hou BAIE van pret en avontuur, maar hy hou GLAD nie van bed toe gaan nie. Toe sy ma hom een aand voor slaaptyd vertel van die Harige Ou Grote met sy skerp tande en skerp kloue wat in die woud woon, besluit Klein Ben om in die donker buitentoe te sluip en hom te gaan soek! 

Maar in plaas van ’n groot, harige monster ontdek Klein Ben ’n beer in die woud. ’n Baie bang beer. 

Sommer gou word klein Ben en die beer groot maats. Maar sal die beer dapper genoeg wees om na die monster te help soek? 

’n Oulike, avontuurbelaaide storie oor vriendskap en hoe om jou vrese te oorkom. 

Standaard afleweringsterme is van toepassing.