My Cart

Close

Bedoelde Land deur FA Venter

R 250.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R500.00.

Publikasiedatum: 06/18

Dit is Desember 1840 en Rudolf Dreyer en sy gesin is besig om aan ’n nuwe lewe te bou in die Republiek van Natal. Die Trekkers glo dat hulle uiteindelik hulle vrye, onafhanklike staat gevind het. Toenemende inmenging van die Britse regering en konflik tussen die Boere en die Zoeloes in die gebied laat egter die vrees ontstaan dat dit ’n tweede Oosgrens gaan word. Is Natal werklik die bedoelde land waarna hulle al so lank streef?

Bedoelde landverskyn oorspronklik in 1968 en is die laaste boek in F.A. Venter se gewilde tetralogie oor die geskiedenis van die Groot Trek. Die ander drie boeke in die tetralogie is: Geknelde land(1960, in 2017 heruitgegee deur Protea Boekhuis), Offerland(1963, in 2017 heruitgegee deur Protea Boekhuis) en Gelofteland(1966, in 2018 heruitgegee deur Protea Boekhuis).

OOR DIE OUTEUR

François (Frans) Alwyn Venter (1916–1997) is op 27 November 1916 in Hopetown gebore. Hy gaan skool op Vioolskraal, Strydenburg en Hopetown en studeer later in die letterkunde aan die Universiteit van Stellenbosch. van die Groot Trek. In 1961 ontvang Venter die Hertzogprys vir Geknelde landen Swart pelgrim.

Standard delivery terms apply.

Out of stock items can be ordered. Contact robyn@uppercasebooks.co.za to place your order.

Hello You!

Join our mailing list