Beknopte verklarende woordeboek 2022 deur L.C. Eksteen, M.S.B. Kritzinger

Regular
R 210.00
Sale
R 210.00
Regular
R 0.00
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nasional aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Maart 2022

Die PHAROS BEKNOPTE VERKLARENDE WOORDEBOEK bou voort op ’n tradisie van betroubare naslaanwerke en is ’n staatmaker in die Afrikaanse klas, huis en kantoor. Dié gebruikersvriendelike woordeboek is kompak dog omvattend: dit bevat meer as 30 000 woorde en terme met bondige verklarings. 

Kry taalleiding

  • Hoofklem vir elke trefwoord
  • Woordsoorte
  • Verlede tyd
  • Meervoude
  • Attributiewe vorm en trappe van vergelyking
  • Akronieme en afkortings
  • Etikette vir bykomende konteksleiding
  • Voorbeeldfrases of kort sinne waar nodig

 Brei jou woordeskat uit

  • Variante
  • Sinonieme
  • Homonieme
  • Afleidings en samestellings
  • Uitdrukkings en frases

  Supplement

  • Opvoedkundige en vakterme, bv. neutronster, retrovirus, sakevertroue-indeks
  • Rekenaar- en internetterme, bv. dataontginning, gebruikerskoppelvlak, kletsforum
  • Leenwoorde uit Engels en informele geselstaal, bv. crack, dêm, jislaaik, laaitie, paartie, recce, tjips, zol
  • Woorde uit ander variëteite en leenwoorde uit Afrikatale, bv. imbongi, kanalla, toi-toi, ubuntu