My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Bitterbosbende 2 deur Anzil Kulsen & Stephen Wallace

Write a review
R 126.00 R 140.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 7-14 dae!

Publikasiedatum: Julie 2020

Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin 'n hond verwoed blaf. Die ligte op die kampeerterrein verdoof skielik en toe die hond op hulle afstorm, buk Nieke om te soek na 'n stok of klip op die grond.

Alles gebeur tegelyk: Die blaffende hond, die trein iewers naby wat kwaai rem aanslaan en dan die geluid van 'n botsing. Net so skielik is alles stil en die hond weg. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is . . . Die res van die bende het uit hul tente gekom en staar in afgryse na die been in haar hand.

"Dis net die oorblyfsel van een of ander diertjie. Dalk 'n springbokkie," lag sy senuweeagtig. Sy sal tog vir Meneer Louw gaan wys en vra, neem sy haar voor en los die been in hul tent. Maar elke aand pla iets haar. En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat passasiers in die sewentigerjare vervoer het, wat hier naby ontspoor het. Wat het van die slagoffers, wat kinders en 'n hond insluit, geword?

Standaard afleweringsterme is van toepassing.