Bloedbande deur Jeanette Stals

Regular
R 232.00
Sale
R 232.00
Regular
R 290.00
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nasionale aflewering 15-21 dae!

Publikasiedatum: Maart 2022 

Speurder-sersant Luna Joubert van die Stellenbosch polisiediens word gestuur om die eienaardige dubbele moord op die eienaar van ’n kwekery en sy vrou te ondersoek. Die De Winters is albei met ’n skerp voorwerp aangeval, maar daar is geen teken van ‘n struweling of enige getuies om sin te maak van die voorval nie. Terwyl Luna sukkel om ’n moord sonder verdagtes of leidrade op te los, maak Mike Grant weer sy verskyning. Hierdie keer is hy op ’n geheime sending onder die geledere van ’n plaaslike dwelmsindikaat, maar ten spyte van sy nuwe voorkoms en tatoes vind Luna dit steeds onmoontlik om hom die deur te wys. Terwyl Mike homself dieper in die onderwêreld inwerk, begin Luna op tone trap om haar eie raaisel op te los. Was die De Winters wie almal dink hulle was? Weet die kinders dalk meer as wat hulle voorgee? Wat gaan by die studentehuis oorkant die straat aan? En wie is die man in die sportmotor wat so op die buitewyke van haar ondersoek beweeg? Om antwoorde te kry moet Luna lig werp op donker plekke waar slegs monsters waak.