My Cart

Close

Boerekryger: ‘n Seun se hoogste offer deur Albert Blake

R 300.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: 06/12

Op 17 sluit die talentvolle, maar aweregse Henning Viljoen, ’n agterkleinseun van Piet Retief, by die Boeremagte aan. Vir twee jaar pen hy sy indrukke van die lewe op kommando neer voordat hy tragies op die slagveld in sy pa se arms sterf.

Die jonge Henning se dagboeke bied ’n unieke perspektief op die oorlog in reguit en ongekunstelde taal. Wanneer hy byvoorbeeld mooi Boeremeisies op die plase teëkom, is sy reaksies tipies van ’n jong man. Hy vertel egter ook van die swaarkry en verliese, asook sy skok oor die fusillerings waaraan hy moes deelneem. By een geleentheid moes hy toekyk hoe twee swart mans – wat eens sy speelmaats was – tereggestel word.

Die dagboeke bied ’n blik op die noue band tussen hom en sy korrelkop pa, ’n generaal. Ná sy seun se dood sukkel sy pa om tot berusting te kom en lewer ’n anti-oorlog pleidooi in ’n brief aan genl. Louis Botha.

In die laaste hoofstuk ondersoek die skrywer wat die Bittereinders sielkundig gemotiveer het en vra die kritiese vraag: moes hulle so lank met die guerrillastryd aangehou het? 

Standard delivery terms apply.

Out of stock items can be ordered. Contact robyn@uppercasebooks.co.za to place your order.

Hello You!

Join our mailing list