My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

By die dag deur Eunice Basson

Write a review
R 180.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 7-14 dae!

Publikasiedatum: Junie 2020 

Eunice Basson se tweede bundel staan in die tradisie van haar liriese en suggestieryke debuut Leiboom, in 2014 deur Queillerie publiseer. By die dag handel oor die skoonheid en besondersheid van die alledaagse bestaan en die wonder van die kleine moment. Basson se woordskilderye is klankryk, organies en intuïtief, maar is ontdaan van sentimentaliteit – klein stillewes en portretstudies van stadstuine, voëls, ’n Life Esidimeni-slagoffer, Dimitri Tsafendas, ’n transitorooftog, Poppie van der Merwe, en kring wyer uit na die honde van Delhi, die papawerbruid van Afghanistan en Alan Kurdi. Soos te verwagte van ’n kunshistorikus tree die digter ook op natuurlike wyse met die beeldende kunste in gesprek. Elke gedig is gestroop maar dawer nog lank by die leser na.

Standaard afleweringsterme van toepassing.