My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Daar is 'n engel in my koskas deur Willie Strauss

Write a review
R 120.00 R 340.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: September 2018

In Daar is 'n engel in my koskas neem Willie Strauss jou op 'n nostalgiese kosreis en nooi jou om die geure en smake wat hy met groot vreugde onthou, saam met hom te geniet. Resepte of enkele bestanddele word verweef met interessante - en soms komiese - vertellings. So is daar onder andere die blikkie kondensmelk (engelemelk) waaruit menige kind die lekkerte gesuig het en die wonderlike kondensmelkbeskuit wat Ma gebak het, die laning granaatbome naby die plaasdam en die verleidelike granaatkoek waarmee jy jou gaste sal beïndruk, die reuk van kwepers wat in 'n Jewel-oond gebak is en die pluk van groenvye in die boord vir konfyt. Van brood en beskuit, sop, hoof- en bygeregte tot poedings, koek, koekies en terte asook konfyt en blatjang: dis alles in hierdie kookboek vervat, wat ook vir onthaal, partytjies, reis en Kerstyd voorsiening maak. Willie nooi jou om sy resepte te neem, 'n bord kos te kook en dit te deel met die engele in jou lewe. Kom, wees 'n engel!

Standard delivery terms apply.