My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN FOUR WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Die 17de Veer deur Nanette van Rooyen

Write a review
R 190.00
Quantity
- +

Publikasiedatum: November 2019

'n Storie oor vriendskap, die verlede, vergifnis … en vere.

Lara is nog op skool, maar werk in haar vrye tyd by 'n tatoeëersalon en verkoop vintage-klere vir ekstra sakgeld. Haar ma gebruik kalmeerpille om die lewe in die oë te kyk en oom Dan, wat by hulle woon, is 'n vreedsame funksionele alkoholis. Haar pa was nog nooit deel van haar lewe nie.

Alex het in 'n kinderhuis grootgeword en het 'n troetel-uil. Hy help al sedert sy laerskooldae om siek en beseerde voëls te versorg en weer in die natuur vry te laat. En hy is in Kaapstad omdat hy 'n belofte aan iemand gemaak het.

Toe Lara die eerste keer vir Alex sien, is sy byna seker hy agtervolg haar. Wat sy nog nie weet nie, is dat hulle wêrelde op die punt is om bymekaar te kom. En alles begin met 'n hoededoos vol ou briewe wat Lara op haar ma se kas ontdek. Elkeen van die briewe is deur haar pa geskryf. En by elke brief is 'n veer met 'n storie …

In hierdie opwindende, liriese grootwordverhaal ondersoek Nanette van Rooyen die ingewikkelde bande wat gesinne bymekaarhou, en wat dit regtig beteken om 'n tuiste te hê. Temas sluit in: uitdagende gesinsverhoudings, afwesige ouers, vriendskap, romanse, kommunikasie, voëls, uile. 

Standaard afleweringsterme is van toepassing.