My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Die 6 Weke van Thomas & Ella deur Zelda Bezuidenhout

Write a review
R 190.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: September 2019 

Dit voel asof Thomas se lippe uiteindelik hul regte doel ontdek het … om Ella s’n te soen.

Thomas en Ella se wêrelde is ligjare van mekaar verwyder. Sy lewe in ’n wêreld van chauffeurs en rooi tapyte, satyn en pêrels. Hy is die bywoner in die buitekamer. Die ou wat die perfekte meisie rondry; nié die ou wat haar kry nie. Maar binne net ses weke kan baie dinge verander …

Ella van der Spuy kan ’n klein entjie die toekoms in sien – ’n talent wat sy wens sy nié gehad het nie. Boonop is sy ’n ietwat rare verskynsel: ’n rykmanskind wat geen waarde aan geld heg nie. Toe sy aan die einde van haar graad elfjaar vir Thomas Edeling ontmoet, verander haar lewe ingrypend. Thomas het ’n passie vir motorfietse. Ella wil modeontwerp in Milaan gaan studeer. Thomas woon saam met sy familie op ’n kleinhoewe. Ella het amper nie familie nie. Om die waarheid te sê, is Thomas alles wat Ella nie is nie. Tog is daar onmiddellik ’n vonk tussen hulle. En die gebeure wat in die ses weke na hul ontmoeting afspeel, kon selfs Ella met haar derde oog nie voorspel het nie. 

Hierdie besonderse jeugroman, vertel deur beide Ella en Thomas se perspektiewe, is ’n humoristiese en aangrypende verhaal oor ’n sommer romanse tussen twee jongmense wat uit verskillende wêrelde kom.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.