My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R550.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Die avonture van Kuifie – Die Blou Lotus deur Herge

Write a review
R 130.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Junie 2021 

Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.

Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle. Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23 strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).

In Die Blou Lotus word Kuifie na Sjanghai ontbied, maar die boodskapper word vergiftig voor Kuifie uitvind hoekom. Daar gekom, besef hy sy stryd teen die internasionale dwelmbende, met wie ons in Die farao se sigare kennis gemaak het, is nog lank nie verby nie. Gelukkig ontmoet hy die jong Chinees Tjang en saam trotseer hulle baie gevare. Groot is Kuifie se verbasing toe hy agterkom dat die baas van die dwelmbende iemand is wat hy ken …