Die Eerste Afrikaanse Kriptiese Blokraaiboek deur Willem Swanepoel

Regular
R 140.00
Sale
R 140.00
Regular
R 200.00
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Julie 2020

Wil jy verder as sinonieme en glanspersoonlikhede dink vir jou blokraaisels? Sien jy
kans om laterale denke te laat gedy? Die wonderlike woordwêreld van kriptiese
blokraaisels wag.


’n Kriptiese leidraad lei jou om die bos en smokkel met jou kop. Dit verg toewyding om
diep in jou algemene kennis te delf en jou weg tussen versteekte woordbetekenisse te
vind.


Die Eerste Afrikaanse Kriptiese Blokraaiselboek bevat dertig nuwe raaisels en ’n meer
uitdagende bonusraaisel. Kan jy dié breinbreker oplos sonder om die oplossings te
raadpleeg?


Sterkte vir die reis, en onthou: ’n Toeristeskip sonder soetgoed, is duister ten opsigte van
betekenis!


(TOERISTESKIP met die letters S O E T verwyder = RITESKIP, skommel dan die letters
en jy kry: KRIPTIES. Kripties = duister ten opsigte van betekenis.)

Standaard afleweringsterme is van toepassing.