My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Die Eindelose Avontuur deur Audrey Blignault

Write a review
R 200.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Oktober 2020

Die eindelose avontuur deur Audrey Blignault is ’n gids vir almal wat graag wyd én onderskeidend wil lees. In dié versameling essays stel sy lesers voor aan boeke van uitsonderlike gehalte uit verskeie lande en tye.

Sy inspireer ’n mens om Montaigne, Melville en Tolstoi te lees; Dostojewski, Flaubert, Mann, Bellow, Perec, Allende en nog baie ander. Anna Karénina, Wuthering Heights, Tess of the D’Urbervilles, The catcher in the rye – dis die soort boeke wat jou wêreld nou verruim. Sy dui ook goeie bloemlesings en letterkundige naslaanbronne aan.

Onderhoudend gee sy inligting en insigte – biografiese gegewens oor skrywers, publikasiegeskiedenisse, bibliografiese besonderhede, en veral: besprekings van ’n werk se tema, inhoud, karaktertekening, simboliek, styl en strekking. Telkens toon sy duidelik aan waarom ’n werk ’n hoogtepunt in die wêreldletterkunde is, en bring ook die leser by die teks self uit met prikkelende aanhalings, dikwels in eie vertaling.

En gaandeweg gebeur dit: Die aantrekkingskrag van tydlose geesteskeppinge word onweerstaanbaar. Nuwe horisonne gaan vir jou oop.

Of jy die boeke vir die eerste keer of opnuut lees – dit bly ’n “eindelose avontuur”. Daarvan oortuig sy jou met die opwinding en erudisie wat haar leeskringoptredes en boekerubrieke oor die radio en in tydskrifte jare lank gekenmerk het. Niemand in Afrikaans het méér gedoen om ’n liefde vir die goeie boek aan te wakker as Audrey Blignault nie.

Haar essays in Die eindelose avontuur bevestig wat sy in 1991 aan leeskringe landswyd voorgehou het: “Ten spyte van verkrummelende waardes om ons heen, ten spyte van toenemende geweld in die wêreld, is daar nog boeke wat ons kan wegvoer uit die onmiddellikheid van ons bestaan na ’n sfeer van hoër, ruimer lewe. Daar is nog boeke wat ons ons geloof in die mens laat behou.”