My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Die lewe volgens Wim Vermaak deur William Oosthuizen

Write a review
R 165.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 7-14 dae!

Publikasiedatum: Junie 2020 

Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om graad-nege te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur die nuwe meisie met die vlegsel.

Sy tweelingsuster, Maddie, wil opsluit deel word van Mars One se sending na Mars en veroorsaak vir hom selfs meer probleme wanneer sy van die dak af foeter en haar enkel breek, omdat sy wou sterre kyk. Hul verstrooide ouma Hantie, wat pas by hulle kom intrek het en boonop Wim se kamer beset, val vir ’n internetslenter en nou moet hy oppasser speel.

En dan is daar Harold, sy ma se menslike geraamte wat die kuns-studente in opstand bring, en sy advokaat-pa wat as hoof van die Menseregtekommissie in ’n botsing van belange beland wat ’n groot rusie in die huis veroorsaak.

Maar dalk is Wim se LO-taak tog die antwoord om dinge weer op koers te kry.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.