My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Mal Hansie en ander verhale deur Audrey Blignaut

Write a review
R 180.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Oktober 2020 

In ’n bestek van veertig jaar het Audrey Blignault tien bundels essays gepubliseer – van In klein maat in 1955 tot Pas op vir Jantatarat in 1979. Boeke wat wyd aanklank gevind het. Want hulle “is doepa vir ’n dikbek; vonk vir ’n vaal dag; laai ’n mens opnuut vir die avontuur van die lewe, wat nie ver is nie, maar in en rondom jou” (Berta Smit).

In Die Blye dae van 1965 verskyn die eerste volwaardige vertelling tussen die essays: “Mal Hansie”. Daarna word dié soort tekste talryker, veral in Die plesierboom (1967) en Die rooi granaat (1970). Mal Hansie en ander verhale bied vir die eerste keer hierdie gewilde en ontroerende vertellinge in een band. Dit is ’n volwassene wat veral terugkyk op haar jeug en dan ’n kind aan die woord stel: ’n meisietjie wat nie kan aanvaar haar oupa is dood nie, wat ’n baie ongeseënde Kersfees beleef, of deur skuldgevoelens geteister word toe ’n pestilensie van ’n buurseun hom byna morsdood uit ’n pruimboom val. Die kind ervaar gesinsverbrokkeling, liefdesarmoede en die wanhopige verset van ’n onvriendelike oom teen ouderdom en aftakeling. Maar ook die verwondering wanneer ’n seun op ’n reënerige oggend so anders en belangrik vir haar word.

Dis verhale wat, in Audrey Blignault se woorde, vertel “van die enigste spoor wat nie vergaan nie – die spoor wat een mens laat op die hart van ’n ander”.