Bedside Table Reads
Who doesn't love a pile of book on their bedside table. So here are lists of books that we love arranged in our very own way to help you find the perfect book, or at least have fun trying.
Publikasiedatum: Junie 2020
Dié lelike eendjie moet oortuig word van haar eie waarde ... Paloma het 20 jaar gelede alle mans afgesweer toe sy die dag voor haar troue uitvind dat haar verloofde haar verkul. Dit is net té seer, veral wanneer gene vir jou 'n peervormige lyf gegee het en jy net nie goed genoeg is nie. Sy lewe rustig saam met haar honde, hoenders en koffiewinkel klante vir geselskap. Haar familie het geëmigreer; gaan sy ry of gaan sy bly? Maar dan trek daar nuwe bure in aan weerskante; die baie aantreklike en geskeide Arno, en die ongelooflik sexy Sindisiwe aan die ander kant. Beide het lesse vir Paloma om te leer ... Arno raak betrokke by sy eiesoortige buurvrou met haar lang geblomde rompe en mooier-as-mooi kaal voete. Hy help haar toe haar hond uitgesit moet word, en maak vrede met haar astrante hoenderhaan Kallie wat tydig en ontydig by hom kom kuier. Paloma ontmoet sy familie, en vind uit dat alle families maar vreemd is op hul eie manier. Haar nuwe buurvrou dwing haar om 'n make-over te doen, en vir die eerste keer begin sy besef dat mens nie volmaak hoef te wees om liefgehê te word nie. Die man langsaan is 'n verhaal oor self-aanvaarding, en liefde en vriendskap op onverwagse plekke.
Standaard afleweringsterme van toepassing.
Who doesn't love a pile of book on their bedside table. So here are lists of books that we love arranged in our very own way to help you find the perfect book, or at least have fun trying.
What's new at UPPERcase, every month we release a newsletter featuring the coming months books, events and so much more, subscribe below to never miss a newsletter again.
Get your news releases on our online store or in our physical store. If you don't see the new book you are looking for, pop us an email and we'll help you find it!