My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR EMAIL COMMUNICATION.

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Die meeste sterre is lankal dood deur Johann de Lange

Write a review
R 250.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: Augustus 2020 

Die meeste sterre is lankal dood is die bekroonde digter Johann de Lange se dertiende bundel. Dit bestaan uit ses verskillende afdelings, deurgaans gewy aan vlietende oomblikke vasgevang in 'n vers ("om met woorde die onsegbare te sê"). Die bundel het 'n elegiese toonaard, en word oorheers deur 'n bewustheid van verlies & verganklikheid, van "inskaduwings van die lig". Verse oor die skryfproses figureer as teenvoeter vir die verbygaande aard van mens wees. Dit is verse vir "my mooi dooies". In "Oggendmusiek" beskryf die digter 'n vroegoggendkoor van voëls voor sonsopkoms, elders 'n koorddanser, voetjie vir voetjie oor die spantou. Soos in sy vorige werk is die erotiese verse 'n hoogtepunt in die bundel, bv in "Ode aan die mielie": "Nét so, nog aan die oggend -- tussen die syige bene van die dag -- staan hy, volryp, pittig & reg."

Bloed & sneeu

Bloed op sneeu is ’n pasgebore rooi,
van iets gewond, ’n struikelende spoor. 
En die sneeu? Is daar énigiets so mooi, 
so prilwit gespits, as ’n haseoor?