Die net is gebreek deur Chris van der Merwe (Word Feb 2022 Verwag)

Regular
R 250.00
Sale
R 250.00
Regular
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nog nie beskikbaar nie!

Publikasiedatum: Februarie 2022 - Voorafbestellings Nou Oop!

Die meeste mense beland die een of ander tyd in ’n net van ellende. Die planne wat jy gemaak het, het in duie gestort, en jou lewe val uitmekaar. Jy het jou lewensmaat verloor, of jou werk, of jou gesondheid het ingegee. Jy het moed verloor om aan te hou lewe.

‘n Groot krisis kan egter tot innerlike groei en verryking lei.In die Christelike geloof is daar die troosryke boodskap van ’n net wat inderdaad gebreek het: Met Jesus se sterwe is die prys vir die skuld van die mensdom betaal, en het almal vrye toegang tot God.

Die blydskap oor die gebreekte vangnet kan egter slegs ervaar word deur diegene wat weet van die net wat hulle gevange hou en waaruit hulle nie self kan ontsnap nie. Alleen die nederige persoon kan opreg bid, en nederigheid is ook die gevolg van ’n gesonde gebedslewe.