My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN FOUR WEEKS VISIT TERMS FOR MORE INFO. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Die tragiese saak van Pamina Vermaak deur Annie Klopper

Write a review
R 260.00
Quantity
- +

Publikasiedatum: 08/18

 

Toe Pamina Vermaak by die werk uitfreak, sit sy skielik sonder inkomste. Boonop

verloor sy haar kêrel, haar woonstel in Tamboerskloof, asook die laaste flenters

toekomsideale wat sy naarstig aan ’t vasklou was – alles in een dag. Sy is

gedwing om druipstert terug te keer na haar ouerhuis op die klein Weskusdorp

Witwaterbaai. ’n Plek wat sy gesweer het haar nooit weer sal sien nie.

Intussen basuin die voorblaaie van poniekoerante dit uit dat rockster Wolf de

Jager se verlowing met aktrise Daniella du Toit verbreek is en krioel dit op sosiale

media van steelfoto’s waar sy hom verneuk. Hy moet weg uit die Kaap en ’n

lukrake seleksie op Google Maps bring hom tot op Witwaterbaai, waar sy swart

leerbaadjie harder as sy Fender Stratocaster skreeu teen die gehekelde doilies in

Ant Leentjie se gastehuis.

Sal Pamina en Wolf op hierdie slakkepas-dorp van bokkoms droog en

stoepsit hul probleme kan ontduik? Of lê daar net nog meer komplikasies voor?

 

Standard delivery terms apply.