My Cart

Close

Die verevrou deur Jan van Tonder

R 295.00

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R700.00.

Publikasiedatum: 02/19

Liora word groot op ’n volstruisplaas in Algerië, naby die Sahara. Sy is omring deur mense wat lief is vir haar, Maman en haar tante, oom Moshe, en haar pa, wanneer hy in die rondte is. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, ’n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums vir die filmbedryf en die verhoë van Parys.

Maar Liora loop haar telkens in grense vas wat sy moet oor. En in Algerië broei onrus. Eers verhuis sy na die oorloggeteisterde Algiers waar sy leer om dokter te word, maar dan word sy gedwing om inderhaas landuit te vlug, Parys toe.

Jare later kom Liora, steeds verwonderd oor die skoonheid van volstruisvere, in die Klein-Karoo aan om oom Moshe te besoek. Hier ontmoet sy Candice, ook behep met volstruisvere, ’n priester, ’n kunstenares en ander Kannalanders. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer eens lê daar ’n grens voor haar – en sy moet besluit of sy dit sal oorsteek.

We can unfortunately not guarantee delivery in the month of publication as there may printing delays that are out of our control. Please expect a few weeks delay on pre-orders. 

Standard delivery terms apply.

Hello You!

Join our mailing list