Die verleiding van Eva de Winter deur Louis Krüger

Regular
R 224.00
Sale
R 224.00
Regular
R 320.00
Sold Out
Unit Price
per 
Tax included.
SKU
- +

Nasionale aflewering 3-5 dae!

Publikasiedatum: April 2022

Wanneer Josua een middag toevallig vir Eva de Winter in ’n Rotterdamse koffiewinkel ontmoet, voel dit vir hom onwerklik dat ’n begaafde én beeldskone regsgeleerde soos sy in ’n romantiese verhouding sou belangstel. Maar sy getuienis in ’n hofsitting oor big data vroeër die oggend interesseer haar – dit lei tot verdere afsprake, en algaande word hulle hegte vriende.
Dis eers ná hul huwelik voltrek is dat Josua begin begryp daar is iets onpeilbaars aan Eva. Haar trotse maar skraal figuur wek ’n behoefte in hom om haar te beskerm, maar sy laat hom nie toe verby haar skanse nie. Die belangrikste kenmerk van hul huwelik was aanvanklik eerlikheid, of so het hy gedink, tot sy deurmekaar raak met die welvarende entrepreneur Peter Laksman.   Alles verander: Eva, eens so presies op haar voorkoms, lyk uitgeput, asof sy disintegreer. Haar vel is dun, bleek en deurskynend, en van hul vroeëre intimiteit, al was dit nie seksueel van aard nie, is daar nou min sprake. Hy moet terugdink aan hul eerste ontmoeting by die Bagels en Beans in Rotterdam-Suid – was dit regtig toevallig? Hoeveel ander raaisels is daar wat sy van hom weerhou het, wat hy eindelik slegs op die dark web oor haar kon naspeur?

’n Ragfyn bestekopname van die grys newewêreld in ’n huwelik tussen man en vrou, die verborge verlange en geheime wat nooit verwoord kan word nie.