My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

December closure: 18 December 2020 - 3 January 2021! Last day for deliveries Friday 18 December! Deliveries Resume 4 January 2021!

PRICES ARE EXCLUSIVE TO THE WEBSITE AND MAY DIFFER FROM IN STORE PRICES!

CLICK & COLLECT CUSTOMERS WILL RECEIVE AN EMAIL AND PIN CODE WHEN COLLECTION IS READY FOR PICK UP. 

Die Vlerke van Naaldekokers deur Cecilia Steyn

Write a review
R 185.00
Quantity
- +

Nasionale aflewering 7-14 dae!

Publiksaiedatum: Mei 2020 

Die ongeluk het Kylie se lewe uitmekaargeruk. Nie net het sy haar linkerhand verloor nie, maar haar jonger sussie, Lieke, is vir altyd weg. Boonop is sy die een wat al vir maande lank haar ma se geheim moet ronddra.

'n Onbeplande road trip in 'n pienk Cadillac saam met haar eksentrieke skrywer­oupa en sy aantreklike jong assistent, Lee, bied vir Kylie die perfekte kans om te ontsnap.

En miskien is dit haar geleentheid om iets vir Lieke te doen; om 'n paar goed op haar sussie se bucket list af te merk: photobomb iemand famous, leer om te surf, maak 'n verskil, plant 'n boom, soen 'n mooi ou . . .

Min weet sy egter dat Lee ook sy eie geheime met hom saamdra en dat oupa Du Preez eintlik besig is met 'n bucket list van sy eie. Dit word 'n vakansie wat Kylie nooit sal vergeet nie.

'n Reis terug na haarself, na heelword. Maar ook 'n reis deur alles wat hierdie deurmekaar lewe op 'n mens se pad bring: hartseer, verlies, skoonheid, liefde . . .

Standaard afleweringsterme is van toepassing.