My Cart

Close

FREE DELIVERY FOR ORDERS OVER R450.00 IN SOUTH AFRICA. DELIVERY WITHIN THREE WEEKS. INTERNATIONAL SHIPPING AVAILABLE!

EMAIL TO ORDER OUT OF STOCK ITEMS OR ITEMS NOT FOUND ON OUR WEBSITE!

PLEASE CHECK YOUR SPAM BUCKET FOR CONFIRMATION EMAILS.

Dinge van ʼn hond deur SP Benjamin (Word Sep 2020 Verwag)

Write a review
R 280.00
Quantity
- +

Nog nie beskikbaar nie! Bespreek u kopie nou!

Publikasiedatum: September 2020 - Voorafbestellings Nou Oop!

Aan die einde van elke jaar word daar op Gatlek, Dawid Fourie se plaas, feesgevier. ʼn Soort danksegging, kan jy sê. Dawid beloon sy werkers vir hul harde werk, en hulle betoon hul dankbaarheid op ʼn manier waaroor daar ná die tyd nie veel uitgewei word nie. Dit was tydens die nag van die laaste groot vleisbraai dat dinge vir Dawid en Gatlek begin skeefloop het. Jan-Vlok, Dawid se seun, sit nou verbitterd sonder ʼn erfplaas. Sy pa swyg oor Gatlek terwyl hy sy dae vul met grafstene maak in sy agterplaas. Totdat sy mal oom Outa oor die verlede begin praat en niemand hom meer kan ignoreer nie. Dan is daar Bettie Rondganger. ’n Alleenloper. ’n Vrou wat wil voorthol om van haar verlede te vergeet. Sy gee haar lyf vir Jan-Vlok, maar ook vir Klippies, sy jeugvriend wat aan die werkerskant van die plaas grootgeword het. Sy en Klippies ken immers die etiek van die vullishope waar hulle nou ʼn bestaan moet maak. Maar wat het werklik daardie aand op Gatlek gebeur? Dinge van ’n hond is ’n roman oor vergeet, maar ook oor onthou. En die besef dat  n mens jou nooit rêrig van jou verlede kan losmaak nie.

Standaard afleweringsterme is van toepassing.